Hoewel hy algemeen bekend is as die Afrikaner-Kommunis wat vir Nelson Mandela van die galg gered het, is bitter min bekend oor Bram Fischer die man. Fischer was 'n gerespekteerde senior advokaat by die Johannesburgse Balie, wat gekies het om hom by die onderdruktes te skaar en wat ondergronds gegaan het om by die gewapende stryd aan te sluit. Hy is op 5 November 1965 in hegtenis geneem nadat hy vir bykans tien maande op vlug was. “Ek is dit verskuldig aan politieke gevangenes, aan die uitgewekenes, aan dié wat stilgemaak is en diegene onder huisarres om nie 'n toeskouer te bly nie, maar op te tree.” Ná Bram Fischer dié woorde uit sy verklaring voorgelees het, wat hy in die beskuldigdebank tydens sy hoogverraadverhoor gelewer het, is hy lewenslange tronkstraf opgelê. Fischer was onwrikbaar verbind tot die droom van ’n nie-rassige demokrasie, maar ook ’n humoristiese, opgewekte mens en ’n toegewyde gesinsman vir sy vrou en kinders. Die vele fasette van die merkwaardige man word weerspieel in Die Bram Fischer Wals, Harry Kalmer se liriese huldeblyk. Die bondige, maar kragtige solostuk, met die protagonis as die verteller, neem die gehoor op 'n emosionele reis soos Fischer se verhaal ontvou. Die opvoering het in 2013 'n silwer Standard Bank Ovation-prys gewen met die premiere van die Engelse weergawe by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Dit is in 2014 bekroon met die Adelaide Tambo-prys vir menseregte in die kunste. Die teks word aangevul met 'n voorwoord deur adv. George Bizos, 'n inleiding deur die dramaturg waarin hy vertel oor die pad wat daartoe gelei het dat hy die drama geskryf het en 'n nawoord deur Yvonne Malan, getiteld “Die krag van morele moed”.
Zahle einfach mit Karte, Klarna, Apple Pay oder Google Pay. Nicht zufrieden? Du hast immer ein 14-tägiges Widerrufsrecht. Lies mehr in unseren AGB. Hast du Fragen, schreib uns eine E-Mail an hello@memmo.org.
Memmo macht das Lernen einfacher – wo auch immer du bist. Bei uns findest du deine Kursbücher und smarte Lerntools an einem Ort: Zusammenfassungen, Quizzes, Podcasts und Lernkarten. Und Ted, dein Lernbuddy, beantwortet alles, was du wissen möchtest. Über 50.000 Studierende lernen bereits hier – gemacht, damit du schneller lernst und weniger Stress hast.